Agribank bied lenings aan vroue, jongmense

Die nuwe leninginisiatief van die Agribank of Namibia vir vroue en jongmense sal ook die eens uitgeslote landbou-entrepreneurs dek. Die skema sal meer vroue en jong mense wat ‘n salaris verdien, in staat stel om toegang tot finansiering te kry om met vee en kommersiële gewasse te boer. Kosmos 94.1 Nuus het aan die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher, gevra wat hierdie lening vir vroue en jongmense sal beteken.