Agribank bemagtig boere

‘n Namibiese landboukenner sê dit is baie belangrik dat Agribank die inisiatief geneem het om meer as 175 boere in die streke van Omaheke en Otjozondjupa in praktiese sessies op te lei. Die tegniese beampte van die landbouvoorligtingsafdeling van Agribank, Erastus Ngaruka, het gesê praktiese opleiding is aan boere van Talismanus, Helena, Lister en Eiseb 10 in die Omaheke-streek en by Gam, Omatako en Tsumkwe in die Otjozondjupa-streek gebied. Wallie Roux het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is verblydend dat vroue ook opleiding ondergaan het.