Agribank bekommerd oor akute voedsel-onsekerheid

Die voedselsekerheid-situasie in Namibië het volgens ‘n Agribank-verslag oor akute voedsel-onsekerheid in Namibië tussen Januarie en Maart vererger. Volgens die verslag sal 390 000 Namibiërs na verwagting hoë vlakke van akute voedsel-onsekerheid ervaar. Die streke van Kavango-Oos- en -Wes-, Kunene, Omaheke, Oshikoto en Otjozondjupa het die meerderheid mense wat in ‘n voedselkrisis verkeer. Die stram arbeidsmark, hoë voedsel- en brandstof-koste sal voedselsekerheid verder ontspoor, tesame met kommer oor wisselvallige reënval en stygende voedsel-inflasie. Voedselpryse het hoog gebly een jaar ná Rusland se inval in die Oekraïne en dit het landbou-kommoditeits-markte beïnvloed, wat piek-vlakke aan die einde van 2022 bereik het.