MTC maan teen swendelary oor Simkaart-registrasie

MTC het die publiek gewaarsku om swendelaars op sosiale media-plasings te ignoreer wat beweer dat hulle verduidelik hoe MTC-kliënte hul Simkaarte met ‘n kort kode kan registreer om lang rye te vermy. MTC het vandag in ‘n verklaring gesê dit is nie moontlik om die vereiste Simkaart-registrasieproses per SMS te voltooi met ‘n kort kode nie. John Ekongo, MTC se korporatiewe kommunikasiebestuurder, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die publiek moenie slagoffers wees van hierdie tipe swendelary nie…