Afvaardiging op pad na eSwatini

‘n Voormalige Suid-Afrikaanse kabinetsminister, Jeff Radebe, lei ‘n afvaardiging van Suid-Afrika, Namibië en Botswana wat vandag met Koning Mswati die Derde in eSwatini sal vergader. President Cyril Ramaphosa stuur die afvaardiging in sy hoedanigheid as die voorsitter van die sekerheidsliggaam van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Die ingryping volg na gewelddadige protesoptrede in die land. Die koning word blameer omdat hy nie gehoor wil gee aan die eise van ‘n moderne politieke stelsel en ‘n meer demokratiese bestel nie. Dit is die tweede ingryping hierdie jaar van die SAOG in eSwatini. Die Suid-Afrikaanse politieke kenner, professor Andre Duvenhage het met Kosmos 94.1 Nuus oor die situasie in die land gepraat.