Afstands-werksvisum moet ingestel word meen Kaapse owerhede

Die Wes-Kaapse regering sê die nasionale regering moet dringend ‘n afstands-werksvisum instel. Kaapstad is opgeneem op Big 7 Travel se jongste lys vir die 50 beste stede vir afstand-werk. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, David Maynier, sê die provinsie beskik oor alles wat nodig is om die beste afstand-werksligging in die wêreld te wees as die rompslomp verwyder en die rooi tapyt vir digitale nomadiese toeriste uitgerol word: