Afrikatale, geslag en seksualiteit word in nuwe boek ondersoek

Die Universiteit van die Vrystaat sê die boek, “Thetha Sizwe, Contemporary South African Debates on African Languages and the Politics of Gender and Sexualities”, het ses jaar nadat die idee vir hierdie publikasie ontstaan het, uiteindelik die lig gesien. Die universiteit se voormalige Adjunk-visekanselier, dokter Engela van Staden, sê die Akademie vir Veeltaligheid sal dit gebruik tot voordeel van onderwys by die universiteit. Van Staden het bygevoeg sy sien die boek as deurslaggewend aangesien dit nie net in skole gebruik kan word nie, maar ook in universiteite, want dit bied ‘n teorie wat verder gedebatteer moet word.