Afrikane stel nie eintlik belang in die jeug se menings nie

Volgens die jongste Afrobarometer-peiling glo die meeste Afrikane dat die jeug se menings nie veel gewig dra nie en dat die siening van senior lede van die gemeenskap en ouderlinge hoog geag word. Sestig persent van Afrikane meen ouderlinge se raad is beter met net 38 persent van respondente wat sê jongmense se idees is belangrik. In Namibië is die syfer hoër met 46 persent wat meen die jeug se insette moet aandag geniet. Interessant genoeg is oorwegend Moslem-lande meer ten gunste van die jeug se menings met Tunisië op 71 persent wat meen die jeug kan ‘n bydrae maak en 67 persent van Marokkane wat so glo. Respondente sonder formele skoling en vroue was die minste geneig om na die jeug te luister.