Afrikabeker ronde van 16 begin vandag

Sokker: Die ronde van 16 in die Afrikabeker-toernooi begin vandag in die Ivoorkus. Namibië speel vanaand sewe-uur teen sy buurland, Angola, gevolg deur die wedstryd tussen Nigerië en Kameroen. Môreaand speel Ekwatoriaal-Guinee teen Guinee en Egipte kom teen die DR Kongo te staan. Maandag is dit Kaap Verde teen Mauritanië, en Senegal teen die gashere. Dinsdag speel Bafana Bafana teen Marokko, na die wedstryd tussen Mali en Burkina Faso.