Afrika staar stygende skuld, klimaatskrisis in die gesig

Ministers van finansies in Afrika doen ‘n beroep op internasionale instellings om die vasteland te help om aandag te gee aan sy driedubbele bedreigings wat ‘n negatiewe uitwerking op die landbousektor kan hê. Dit sluit toenemende skuld, klimaatsverandering en voedsel-onsekerheid in. Die minister van finansies van die Comore, Mze Abdou Mohamed Chanfiou, het gesê die konflik tussen Rusland en Oekraïne het gelei tot inflasie en hoë voedsel- en kommoditeitspryse. Hy sê klimaatsverandering, insluitend droogtes en vloede, het sake vererger. Chanfiou sê noodfondse van die Internasionale Monetêre Fonds en Wêreldbank is nie voldoende nie.