Afrika-pikkewyne se getalle wek groot kommer

Belanghebbendes in die Suid-Afrikaanse vissery- en bewaringsbedryf sal hierdie week deel wees van hoë-vlak vergaderings om die afname in die broeigetalle van die Afrika-pikkewyn te bespreek in kolonies soos op Robbeneiland in die Wes-Kaap en St Croix in die Oos-Kaap. Die vergadering word aangebied deur die minister van die omgewing, Barbara Creecy. Lauren Waller van die Suid-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls sê getalle het van 52 000 pare in 2004 afgeneem tot 13 200 in 2019: