Afrika-perdesiekte maai onder perde in Suid-Vrystaat

Afrika-perdesiekte veroorsaak op die oomblik vrektes onder tientalle perde in die Suid-Vrystaat.  Suid-Afrikaanse berig die virussiekte, wat deur muggies oorgedra word, het reeds ongeveer 30 perde langs die Oranjerivier laat vrek. In die Smithfield-distrik het 14 perde op een plaas gevrek, en nog 30 by Aliwal-Noord. Die diere was nie ingeënt nie. ‘n Plaaslike boer, Hugo Pretorius, sê die entmiddel is baie duur en moeilik om in die hande te kry.