Afrika moet deel van energie-gesprek wees
Die Namibiese adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, sê Afrika moet sy stem byvoeg aan die groeiende diskoers van die vasteland se deelname aan die energiebedryf, wat ook kan lei na armoede verligting. Sy sê 600 miljoen mense in Afrika het nie toegang tot elektrisiteit nie, wat lewenskwaliteit en ekonomiese geleenthede negatief beïnvloed. Namibië het homself op die pad gesit om te transformeer en ‘n globale spilpunt vir groen-waterstof te wees maar daar is volgens haar ‘n behoefte om streeksvennootskappe te versterk ter wille van die benutting van wind en sonkrag om toegang tot krag te verbeter.