Afrika Jeug in Toerismeberaad vind in Julie in Namibië plaas

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het vandag by die Namibië Reis- en Toerisme-seminaar by die Dubai Ekspo in die Verenigde Arabiese Emirate gesê die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie gaan die Afrika Jeug in Toerismeberaad in Julie 2022 in Namibië aanbied, asook in 2023 en 2024. Die doel van die beraad is om die jeug aan te moedig om toerisme-ondernemings te skep en werksgeleenthede vir ander te skep.