Afrika Jeug in Toerisme-beraad volgende week in Windhoek

Die Namibiese toerisme-ministerie gaan die 4de Afrika Jeug in Toerisme-beraad vanaf 26 tot 29 Julie in Windhoek aanbied. Die tema is “Developing Youth and Innovative Entrepreneurship Solutions for Inclusive Tourism Recovery in Africa”. Die beraad is ‘n eksklusiewe platform wat aan die innoverende Afrika-jeug en beginners in die reis- en toerismebedryf op die vasteland verskaf word, op soek na geleenthede vir befondsing, vennootskap en mentorskap om hul projekte aan die wêreldmark aan te bied. President Hage Geingob sal die beraad amptelik open op 27 Julie. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, gee haar mening oor die beraad.