Afrika in volle derde vlaag

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die vasteland het die afgelope week die meeste Covid-19-gevalle ooit aangeteken. Die syfers vir die sewe dae tot en met Sondag het die hoogtepunt tydens die tweede vlaag verbygesteek. Altesaam meer as 5,8 miljoen bevestigde Covid-19-gevalle is tot dusver in Afrika aangemeld, terwyl 150 000 mense dood is. Matshidiso Moeti van die WGO sê die syfers styg tans in 16 lande, waarvan tien reeds die Delta-variant aangemeld het. Moeti sê hulle is egter bemoedig deur die nuus dat meer as 20 miljoen dosisse entstof van Johnson en Johnson en Pfizer-BioNTech via die Covax-program eersdaags uit Amerika in Afrika verwag word.