Afrika het een entstof-vervaardigings aanleg, net een

Die Suid Afrikaanse Minister van gesondheid, Zweli Mkhize, sê dis hoog tyd dat Afrika-lande meer geld begin belê om hul eie entstof-vervaardigings aanlegte op die been te bring. Mkhize het die week aan ‘n Unesco-inligtingsessie deelgeneem. Hy sê dat alhoewel inisiatiewe soos die WGO-geleide Covax-fasiliteit beloof om Afrika-lande met Covid-19 entstowwe te help, dit nie genoeg sal wees om almal in daardie lande in te ent nie. Fritz Platt berig vir Kosmos 94.1 Nuus in die Wes-Kaap.