Weermag: ‘Ons kan nie ons geheime bewaar nie’

Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Verdediging Wilhelmine Shivute, sê geklassifiseerde inligting word gereeld in die openbaar bekend gemaak en dat dit ‘n baie groot uitdaging vir die ministerie is. Sy het die Staande Komitee vir Buitelandse Sake, Verdediging en Sekuriteit toegespreek. Daar is volgens berigte kommer dat die inligting die veiligheid van Namibië in die gedrang bring. Shivute sê ook dit is ‘n probleem wat homself herhaal. Verskeie strategieë is daargestel om dit te beperk maar sterker maatreëls is nodig.