Afrika boere wil tegnologie gebruik, maar dis te duur

‘n Studie wat deur Savanta ComRes gedoen is, toon boere in Afrika benodig dringend staatsondersteuning om hul gebruik van digitale hulpmiddels te verhoog. Die opname het bevind 41 persent van boere gebruik digitale hulpmiddels om waterverbruik te verminder en 42 persent om grondgesondheid te verbeter. Boere is bereid om in digitale tegnologie te belê om hulle te help om klimaatsveranderings-kwessies te bekamp maar 48 persent sê die koste van toestelle, toegang tot betroubare mobiele verbinding en die koste van toepassings en sagteware is ‘n uitdaging.