AfriForum wil belastingverset en opstand verhoed

AfriForum sê ‘n algemene verset teen belasting is onvermydelik as die voortgesette plundering van die staatskas, asook die deurdruk van vernietigende beleidsidees, nie dadelik ophou nie. Die organisasie het gister sy belastingmanifes bekend gemaak. In die manifes eis Afriforum onder meer dat die regering ‘n burgerlike belastingsekretariaat as ‘n wettige liggaam erken. Ernst Roets van AfriForum sê hulle beplan nie ‘n opstand teen belasting nie, maar die publiek dring toenemend daarop aan: