AfriForum vra hersiening oor Malema se haatspraak-uitspraak
AfriForum het vandag in die hooggeregshof in Johannesburg ʼn hersieningsaansoek gebring van die Suid-Afrikaanse Menseregte-kommissie se besluit in 2019 oor Julius Malema se beweerde haatspraak. Die kommissie het bevind die leier van die EFF was nie skuldig aan haatspraak tydens ‘n byeenkoms in Newcastle, KwaZulu-Natal, in 2016 nie. Ernst van Zyl van AfriForum sê die saak word deur regter Roland Sutherland aangehoor en voortgesit.