AfriForum span kragte met Noordwes-gemeenskap saam om landbou te bevorder

AfriForum en die Batlharo Boo Tokwana-Ba-Ga-Masibi tradisionele gemeenskap in Noordwes werk saam aan landbou-ontwikkeling, selfvoorsiening deur die gemeenskap en grondeienaarskap. Die doel met die samewerking is om ‘n voorspoedige toekoms vir hulle kinders en toekomstige geslagte te verseker. AfriForum se hoof van Tussenkulturele Betrekkinge en Samewerking, Barend Uys, glo die versterking van gemeenskapsfederalisme is die sleutel tot die oplossing van probleme wat deur die agteruitgaande staat geskep word: