AfriForum ontsteld oor kindermishandelingsaak wat sloer

AfriForum se privaat vervolgingseenheid sê hulle is ontsteld oor die vertraging in ‘n saak wat handel oor die mishandeling van ‘n minderjarige wat in 2018 in Noordwes plaasgevind het. ‘n Raadgewer by die eenheid, Natasha Venter, sê die landdroshof in Brits se besluit om die saak eers op 29 Augustus op die rol te plaas, is betreurenswaardig. Sy sê die hof het die beskuldigdes, die kind se ma en twee mans, die geleentheid gegun om befondsing vir regsverteenwoordiging te verkry.