SA Varsprodukte-uitvoerdersforum sê oorlog het invloed op uitvoere

Die Suid-Afrikaanse Varsprodukte-uitvoerdersforum sê die oorlog in Oekraïne het ‘n regstreekse invloed op hulle uitvoere na Rusland én Oekraïne. Dit is veral sigbaar in logistiek soos vertragings, beperkte toegang tot verskeping na St Petersburg, en bykomende koste. Uitvoerende hoof, Anton Kruger, sê daar is ’n beperkte aantal ander markte en bestemmings waarheen die vrugte herlei kan word. Hy sê die Suid-Afrikaanse ambassade in Pole het ‘n skenking Suid-Afrikaanse vrugte van ‘n lid van die forum gekry om humanitêre instellings te help om vlugtelinge te voed.