AfriForum Jeug vra Universiteit van Pretoria om op te tree teen intimidasie
AfriForum Jeug sê hy is teleurgesteld oor oproer by die Universiteit van Pretoria, en oor stakende werkers wat studente geïntimideer en toegang tot die Hatfield-kampus geweier het. Die werknemers staak nadat loononderhandelinge ʼn dooiepunt bereik het. Vakbonde eis ʼn verhoging van 7-persent terwyl die universiteit se finale aanbod 4-persent is. AfriForum Jeug se woordvoerder, Ronald Peters, sê studente se veiligheid moet voorkeur kry.