Afriforum geskok oor verwikkelinge in Brendin Horner-moordsaak

Die burgerregte-organisasie AfriForum sê verwikkelinge in die Brendin Horner-moordsaak is uiters kommerwekkend. Die mans wat beskuldig is van die moord op die jong Vrystaatse plaasbestuurder, is gister tydens ‘n sitting van die Hooggeregshof in Bethlehem, vrygespreek.AfriForum se woordvoerder, Jacques Broodryk, sê dit is skokkend dat die polisie ‘n jaar geneem het om te besef die DNS wat op die toneel gevind is, stem nie ooreen met dié van die beskuldigdes nie.