AfriForum gaan appelleer teen uitspraak van Skiet die boer-lied

AfriForum is van plan om te appelleer teen die gelykheidshof in Johannesburg se beslissing dat die EFF se sing van die omstrede lied “Skiet die Boer” nie neerkom op haatspraak nie. Die organisasie se hoof van beleid en optrede, Ernst Roets, sê die beslissing skep ‘n gevaarlike presedent en is ‘n ontstellende boodskap wat die wreedaardige moorde op ‘n sekere groep aanmoedig. Hy sê AfriForum gaan ook sy aandag fokus op die versterking van veiligheidstrukture en sekerheids-opleiding.