AfriForum eis antwoorde nadat lisensiedrukker wéér breek

AfriForum eis antwoorde van die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, nadat die land se enigste lisensie-drukker weer gebreek het – die tweede keer in minder as ‘n jaar. Dit lei tot vertragings met die vervaardiging van bestuurs-lisensiekaarte. Ernst van Zyl van AfriForum sê geen opdaterings is oor die masjien verskaf nie, ondanks die departement se aanvanklike belofte van ‘n oplossing binne twee tot drie weke. Hy sê die grondwetlikheid van die vyf jaar geldigheidstydperk van bestuurslisensies, en boetes vir lisensies wat verval het, word reeds uitgedaag.