Afname in nuwe Covid-gevalle, hospitalisasie en sterfgevalle

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het gesê hulle is bemoedig deur die afname in die aantal nuwe Covid-gevalle, hospitalisasie en sterfgevalle. Hy doen ‘n beroep op Namibiërs om die Covid-maatreëls te volg en ingeënt te word. Hy sê die Covid-virus gaan nie vir jou wag om oor jou besluit om ingeënt te word, te talm nie.