Afgeleë-werksvisum nou deur SA Presidensie oorweeg

Die Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, Mireille Wenger, sê ‘n verslag met aanbevelings oor die aanvaarding van ‘n wegspring- en afgeleë-werksvisum is nou by die Suid-Afrikaanse Presidensie vir oorweging. Wenger sê dit sal ‘n wonderlike feestyd-geskenk vir die Suid-Afrikaanse ekonomie wees as President Cyril Ramaphosa ‘n aankondiging oor hierdie nuwe visum tydens die provinsie se somer-piekseisoen maak.