Afcon: Egipte en Ekwatoriaal-Guinee in kwarteindronde

Egipte en Ekwatoriaal-Guinee is deur na die Afrikanasiesbeker se kwarteindronde in Kameroen. Egipte het die Ivoorkus 5-4 verslaan met strafskoppe nadat Manchester United se verdediger, Eric Bailly, sy strafskop in die derde rondte mis geskop het. Intussen het doelwagter Jesus Owono van Ekwatoriaal-Guinee as held uit die stryd getree toe hy twee doele gekeer het en so bygedra het dat sy span Mali met 6-5 met strafskoppe kon klop. Egipte kom Sondag teen Marokko te staan terwyl Ekwatoriaal-Guinee en Senegal sake sal uitspook.