Priobiotika kan lang-Covid keer

Die jongste navorsing in verband met sogenaamde lang-Covid, toon dat gesonde probiotika en genoegsame bakterieë in die spysverteringskanaal, die simptome kan verminder of verlig. Die studie het gekyk na pasiënte met lang-Covid wat simptome soos moegheid, slaapversteurings, geheueverlies, haarverlies en angs ingesluit het, en bevind dat hulle vlakke van probiotika was uiters laag. Die navorsers, wat die studie in Hongkong uitgevoer het, sê verder dat pasiënte wat nie lang-Covid gekry het nie, soortgelyke probiotika-vlakke soos persone sonder Covid gehad het.