Afbetalingskrediet toon groei vir eerste keer sedert Julie 2019

Meer inligting is bekend oor kredietverlening in April. Terwyl skuldvlakke van veral individue toegeneem het, is dit die eerste keer sedert Julie 2019 wat afbetalingskrediet enige groei getoon het. Op ‘n maandelikse grondslag het dit in April met 0,7 persent gegroei en op ‘n jaargrondslag gemeet, met 0,5 persent. Volgens IJG Securities in die hoofstad, het oortrokke fasiliteite aan individue met 4,2 persent op ‘n jaargrondslag gestyg.