/Ae //Gams Kunstefees weer uitgestel

Die Windhoek stadsraad het die weer die /Ae //Gams Kunstefees wat vanaf 28 tot 30 Oktober vanjaar sou plaasvind, uitgestel. Die munisipaliteit sê daar is kommer oor die nakoming van Covid-maatreëls en veral met kwessies soos sosiale afstand. Die fees is ook verlede jaar gekanselleer. Intussen sal die jaarlikse Windhoek Skou plaasvind soos beplan. Volgens Harald Schmidt, die uitvoerende hoof van die Windhoekse Skouvereniging, is daar baie belangstelling van instellings en mense wat hul goedere wil uitstal. Die Windhoek Skou sal vanaf 27 September tot 1 Oktober plaasvind.