Adjunkpremier gee terugvoering oor Namibiërs wat uit die Oekraïne terugkeer

Die Namibiese adjunk- eerste minister Netumbo Nandi-Ndaitwah het vandag in die Nasionale Vergadering terugvoering gegee oor die Namibiese burgers wat uit die oorloggeteisterde Oekraïne gevlug en na Namibië teruggekeer het. Sy sê die Namibiese regering ondersteun dié Namibiërs.

Sy het ook die platform gebruik om diegene aan te spreek wat glo goedkoop politieke punte wil wen deur te help.

McHenry Venaani, die amptelike opposisieleier, het nie die kans laat verbygaan om op die adjunk- eerste minister se aantygings te reageer nie.