Adjunkminister probeer skik oor SME Bank-skuld

Die saak waar die likwidateurs van die SME Bank, Dave Bruni en Ian McClaren, die adjunkminister van openbare ondernemings Engelbrecht Nawatiseb dagvaar word vandag uitgestel tot 7 Desember. Die partye onderhandel op die oomblik oor ‘n skikkingsooreenkoms. Die saak wat deur regter Orben Sibeya aangehoor word, handel daaroor dat Nawatiseb en sy vrou op 10 November 2015, 1,4 miljoen Namibiese dollar by die SME Bank geleen het en hulle huis se verband gesedeer aan die bank vir sekuriteit. Teen die tyd wat die SME Bank in September 2018 aansoek gedoen het vir uitstaande betalings en ‘n beslissing vir die beslaglegging van die eiendom op 19 Oktober 2018 ontvang het, was die eiendom reeds verkoop. Die eiendom is volgens die likwidateurs reeds in November 2017 oorgedra aan die nuwe eienaar wat ook as respondent gelys is. Die verkoop van die eiendom was onwettig volgens die likwidateurs omdat die verband aan die SME Bank sedeer was. Nawatiseb het eers verdediging aangeteken.