Adjunk-direkteur dood aangetref na kaping

Die adjunk-direkteur van die departement van Water en Sanitasie, Sello Machitje, is dood aangetref nadat hy op 8 Julie as vermis aangemeld is. Hy is gekaap terwyl hy van Gauteng na die Oos-Kaap gereis het. Machitje se familie het bevestiging van sy dood gekry. Die familie se woordvoerder, Sello Mphaga, sê hulle wag op meer besonderhede van wetstoepassing terwyl hulle rou oor sy dood. Die polisie ondersoek of ‘n 53-jarige verdagte, wat vir die besit van Machitje se voertuig aangekeer is, met sy dood verbind kan word.