Adidas draai sy rug op Kanye West

Adidas het aangekondig hy beëindig sy vennootskap met Kanye West met onmiddellik effek. Die maatskappy sê dit is in reaksie op wat hy beskryf as West se  aanstootlike gedrag. In ‘n verklaring sê Adidas hy duld nie antisemitisme nie en so ook nie enige ander soort haatspraak nie. West se onlangse opmerkings en optrede is onaanvaarbaar, haatlik en gevaarlik. West se regsverteenwoordiger het nie op ‘n versoek om kommentaar gereageer nie.