Adesina herinner ontwikkelde wêreld aan sy belofte

Die president van die Afrika-Ontwikkelingsbank, Akinwumi Adesina, het ‘n beroep op die ontwikkelde wêreld gedoen om sy belofte van 100-miljard-dollar per jaar vir klimaatsverandering na te kom. Die Afrika-Ontwikkelingsbank het in 2019 10,3-miljard-dollar in ontwikkelingsprojekte op die vasteland belê. Sowat 3,6-miljard-dollar hiervan was vir klimaatfinansiering. Dit was ‘n viervoudige toename sedert 2016. Die bank het in 2020 63-persent van sy klimaatfinansiering in aanpassings belê, wat meer is as die 50-50-gelykheidsverhouding vir klimaatmitigasie en -aanpassing wat deur die Verenigde Nasies vereis word.