ActionSA teleurgesteld oor Noordwes onbestede R17 miljarda aan Tesourie teruggeee

ActionSA het sy teleurstelling uitgespreek oor Noordwes se besluit om 17 miljard rand van die begroting wat nie bestee is nie, aan die Tesourie terug te gee. Die provinsie staar die algehele agteruitgang van infrastruktuur in die gesig en versuim om dienste uit te brei na gemeenskappe wat sonder water, elektrisiteit en sanitasie leef. Lerato Ngobeni van ActionSA glo die versuim van die provinsiale regering om die hulpbronne wat aan hom toegeken is te bestee, is onvergeeflik.