ActionSA sê verbod op beesvervoer is oorreaksie, soos Covid

ActionSA doen ʼn beroep op die landbouminister, Thoko Didiza, om dringend die verbod op die beweging van beeste weens bek-en-klouseer te heroorweeg en terug te trek, alvorens ʼn verskeidenheid ingrypings nie eers ingestel is nie. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Athol Trollip versoek die minister om eers alle belanghebbers wat geraak word byeen te roep om met ‘n samehangende en volhoubare aksieplan vorendag te kom wat op ʼn wetenskaplike wyse van die vernietigende, maar beheerbare siekte ontslae kan raak: