ActionSA: Geen samewerking met ANC of EFF

ActionSA se leier, Herman Mashaba, het weer beklemtoon sy party sal nie met die ANC of die EFF saamwerk in volgende jaar se algemene verkiesing nie. Hy sê hulle wil die ANC ontsetel en sal nie kompromieë aangaan nie. Mashaba het verwys na die onlangse koalisie-drama in die Stad Johannesburg en beskuldig die ANC daarvan dat hy die demokrasie goedkoop verkoop. Verskeie party werf reeds steun en die verkiesing word beskryf as die belangrikste sedert Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994.