ActionSA fokus op teenkorrupsie

ActionSA sê hy beywer hom vir die wysiging van die buurland se Grondwet om ‘n onafhanklike Artikel 9-teenkorrupsie-agentskap te skep met kundigheid in die hantering van korrupsie, onafhanklik van politieke invloed en inmenging. Die party sê die kantoor van die Openbare Beskermer moet ‘n simbool van die demokrasie wees. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Lerato Ngobeni, sê die party doen ‘n beroep op die nuutverkose Openbare Beskermer, advokaat Kholeka Gcaleka, om nie in dieselfde dryfsand te beland waaraan haar voorganger, Busisiwe Mkhwebane, in haar termyn van sewe jaar haar bevind het en toe daardeur verswelg is nie.