ActionSA: ANC-konferensie takel nie kwessies

Net ná die aankondiging dat Cyril Ramaposa as ANC-president herkies is, het die Suid-Afrikaanse rand met 2,8 persent versterk. ActionSA sê die ANC is ten spyte van President Cyril Ramaphosa se oorwinning, as organisasie eties ernstig in die moeilikheid. Dit beskuldig die ANC daarvan dat hy hom vir die grootste deel van die konferensie besig gehou het met ʼn politieke gesmous en in faksie-gevegte gewikkel was. Volgens ActionSA is omtrent geen tyd bestee nie aan die uitdagings met werkloosheid, beurtkrag, misdaad, onderwys of onwettige immigrasie.