Action Society sê daar’s 110 000 handtekeninge dat Cele moet waai

Action Society het ‘n amptelike versoek aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, gerig om Bheki Cele as minister van polisie te verwyder. Dit volg nadat Cele verlede week aggressief gereageer het toe Ian Cameron van die burgerregtegroep hom tydens ‘n gemeenskapsvergadering oor misdaad in Gugulethu, Kaapstad, gekritiseer het. Cameron sê 109 873 mense het Action Society se aanlyn klagskrif vir Cele se verwydering onderteken: