Action SA hof toe oor riool in see en riviere

ActionSA in KwaZulu-Natal sê sy regspan berei regstappe voor teen die eThekwini-munisipaliteit. Die party beskuldig die munisipaliteit daarvan dat hy nie dringend aandag gegee het aan die vloei van riool en afvalwater na die rivierstelsels en die see nie. Dit het gelei tot die sluiting van strande, gesondheidsprobleme vir inwoners en langtermyn skade aan sensitiewe ekostelsels. ActionSA se woordvoerder, Zwakele Mncwango, sê die heersende situasie is nie slegs as gevolg van die vloede nie.