Ace stig nuwe party, ACT

Die ANC se gewese sekretaris-generaal, Ace Magashule, het sy nuwe party bekend gestel. Dit staan bekend as die African Congress for Transformation, ook bekend as ACT. Magashule sê die bekendstelling van die nuwe party is daarop gemik om solidariteit, vryheid en voorspoed te verseker. Hy sê die party is ‘n politieke beweging en ‘n volksparty, wat aan volgende jaar se algemene verkiesing gaan deelneem.