Ace Magashule se regspan sê faksies in ANC het tot sy skorsing gelei

Die regspan van die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule, het aan die Suid-Gautengse hooggeregshof gesê faksievorming in die regerende party het tot sy skorsing gelei. Magashule doen aansoek om verlof tot appèl teen die hof se vroeëre beslissing in die ANC se guns. Die party het besluit alle leiers wat betrek word by ongerymdhede en korrupsie, moet opsy staan uit hulle poste. Advokaat Dali Mpofu sê die toepassing van die opsystaanreël vind volgens faksies plaas.