Abu Dhabi maak versterkdosis verpligtend

Die stad Abu Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate het aangekondig mense wat die stad wil binnegaan moet bewys lewer dat hulle versterkings-inentings gehad het. Abu Dhabi vereis dat inwoners hulle groen-pas toon voordat hulle by openbare plekke of regeringsgeboue mag ingaan. Diegene wat die stad wil binnekom, moet in die vorige twee weke negatief getoets het vir Covid-19 om hulle “groen” status te behou. Volgens die regering se gesondheids-app word besoekers slegs as ten volle ingeënt beskou indien hulle ses maande ná hulle tweede inenting ‘n versterkingsdosis gekry het.