Aborsiedebat: Geslagsaktivis sê agterstraat-aborsies kos Namibië

‘n Sakevrou van Rundu, Selma Augustino, het gesê aborsie gaan Namibië ekonomies kos as dit gewettig word. Augustino se standpunte kom na aanleiding van die parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid, maatskaplike ontwikkeling en gesinsake se openbare verhore oor drie petisies wat deur die Nasionale Vergadering ontvang is met betrekking tot die wettiging van aborsie in Namibië. Die verhore het op 31 Mei begin en sal tot 2 Junie in die Zambezi-, Ohangwena- en Kavango-streke voortduur. Hulle sal beraadslaag of die huidige aborsiewet van 1975 hervorm moet word. Geslags-aktivis, Linda Baumann verskil van Augustino deur te sê die koste is hoër met agterstraat-aborsies wat gedoen word.